Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. McCasland

met Die hulp van god

Die woord Ebenezer in die Engelse kerklied Come Thou Fount of Every Blessing, verwys na ’n tydperk toe die volk Israel hard probeer het om die noue verhouding wat hulle eens met God gehad het, te herstel. Hulle geestelike leier, Samuel, het gesê dat as hulle hul valse gode sou verwerp en heelhartig tot God sou terugkeer, sou Hy hulle…

om god’s hand te sien

Toe Jack Borden 101 jaar oud geword het, het hy die oggend 05:00 wakker geword, vroeg opgestaan, ’n heerlike ontbyt genuttig en om 6:30 was hy in sy kantoor en gereed om sy werk te begin. Toe iemand hom die geheim van sy lang lewe gevra het, het hy met ’n glimlag geantwoord: “Ek gaan nie dood nie.” Maar die…

Die persoon van die bybel

Gedurende ’n konferensie vir kerkleiers wat by die Seattle Pacific universiteit gehou is, het die bekende pastoor Earl Palmer vertel van ’n gebeurtenis wat ’n magtige invloed op sy prediking en lering vir byna 50 jaar gehad het. Terwyl hy student was en ’n Bybelstudie gelei het, het hy die deelnemers aangemoedig om die Bybelteks en sekere woorde uit die…

Hoe kan ons nalaat om te sing?

Robert Lowry het gedink hy sou die beste bydrae deur sy prediking kon lewer, maar hierdie 19de eeuse pastoor sal die beste onthou word vir die evangeliese liedere wat hy geskryf het. Hy het die musiek of woorde vir meer as 500 liedere geskryf, insluitende liedere soos Christ Arose, I need Thee every Hour, en Shall We Gather at the…

Beloftes, beloftes

Wanneer mense met ’n sug sê: “Beloftes, beloftes,” is dit gewoonlik nadat hulle teleurgestel is deur iemand wat nie ’n belofte nagekom het nie. Hoe meer dikwels dit gebeur, hoe groter die hartseer en hoe dieper die sug. Het jy al ooit gevoel dat die Here nie sy beloftes nakom nie? Dis ’n houding wat baie subtiel en geleidelik ontwikkel…

Vryheid

Geruime tyd gelede het my vrou besluit dat om binne die spoedbeperking op paaie te hou, vir haar groot vrede gee. Sy sê: “Ek het niks nodig nie, ek hoef nie vir verkeerspolisie bang te wees nie en ek hoef nooit bekommerd te wees dat ek ’n boete sal moet betaal omdat ek te vinnig gery het nie.” Selfs wanneer…

Die beste kamer

Gedurende ’n navorsingsbesoek aan Duitsland was ek teleurgesteld om te hoor dat ek in ’n klooster sou tuisgaan. Ek het my ’n somber plek voorgestel, sonder enige verhitting, koue klipvloere en harde beddens. Tot my groot verbasing is ’n warm gemaklike kamer vir my gereedgemaak. My kollega het aan my gesê: “Die monnike glo dat hulle altyd hulle besoekers moet…

Deskundige herstelwerk

Indien jy al ooit probeer het om iets reg te maak en misluk het, sal jy die kennisgewing wat ek by ’n reparasiewinkel gesien het, baie waardeer. Ons Sal Herstel Wat Jou Eggenoot Herstel Het. Wat die probleem ook al is, of dit iets met jou motor is, of loodgieterswerk, of iets wat gebreek het, dis altyd beter in die…

’n laaste vaarwel

Nadat hy op 47 jarige leeftyd met terminale kanker gediagnoseer is, het Randy Pausch na die Carnegie Mellon universiteit teruggekeer om ’n finale lesing aan kollegas, studente en vriende te gee. Die professor wat rekenaarwetenskap hanteer, het sowat 150 mense verwag, maar in plaas daarvan was die ouditorium wat 400 persone kan hanteer, volgepak. Vir meer as ’n uur het…

Die koste van betrokkenheid

Terwyl Ken Burns besig was om sy treffende dokumentêre film oor die Tweede Wêreldoorlog te maak, het hy en sy kollegas vir ure militêre inligting bestudeer en na films gekyk. Tonele van die verskriklike slag van Peleliu het snags in ontstellende drome aan hulle verskyn. Burns het later aan Rick Kushman van die Sacramento Bee, gesê: “Jy luister as ’t…